logo_eng
A+ R A-

Myrtis

E-mail Print PDF
myrtis_language_l

«My naam is Myrtis. Dit is nie eintlik my ware naam nie. “Myrtis is ‘n naam wat aan my gegee is deur die argeoloog wie my bene in 1994-1995 ontdek het in ‘n massa graf met 150 ander geraamtes in die gebied van Kerameikos, Athene.

Miskien lyk ek soos ‘n meisie van die 21ste eeu, maar ek kan jou verseker dat ek ‘n elfjarige Atheense meisie is wat in die 5de eeu vC in Athene geleef en gesterf het.

Maar hoe kan ‘n jong antieke Atheense ‘n Millennium vriend van die Verenigde Nasies wees?

Die wetenskaplikes is seker dat ek ‘n slagoffers van ‘n plaag was wat Athene tydens die 5de eeu vC getref het. Hulle weet ook dat ingewandskoors die oorsaak van my dood was, wat ook die antieke Atheense staatsman Pericles en ongeveer ‘n derde van die stadsinwoners se lewe gekos het. Hulle het ook gesê dat die plaag bygedra het tot Athene se nederlaag teen Sparta, gedurende die Peloponnesische Oorloë.

My skedel was in ‘n ongewoone goeie toestand en dit het die Universiteit van Athene Ortodonsie professor Manolis J. Papagrigorakis geïnspireer om met die hulp van spesialis wetenskaplikes –te begin om my gesig te rekonstrueer. So hier is ek. Jy kan die resultaat van hul pogings in my foto sien. Ek lyk so-te-se presies dieselfde as die dag wat ek gesterf het.

Prof Manolis J. Papagrigorakis het gedink dat my ‘opstanding’ nie net ‘n geleentheid vir die hele wêreld om die gesig te sien van’ n meisie wat by die Akropolis gespeel het terwyl die Atheners die Parthenon gebou het nie, maar hy wou ook deur my ‘terugkoms’ ‘n sterk boodskap aan die wêreld en sy leiers stuur.

My dood was onvermydelik. In die 5de eeu vC het ons nie die kennis of die middele om dodelike siektes te beveg nie. Maar jy, die mense van die 21ste eeu, het geen verskoning nie. Jy het al die nodige hulpbronne om die lewens van miljoene mense te red. Jy kan die lewens van miljoene kinders soos ek, wie van voorkombare en geneesbare siektes sterf, red.

2,500 jaar na my dood, hoop ek dat my boodskap meer mense betrek en inspireer om daaraan te werk dat die millennium doelwitte ‘n werklikheid kan word.

Luister na my. Ek weet vaarvan ek praat. Moet nooit vergeet dat ek veel ouer en dus veel wyser as julle is nie.»

Janet Clark